Skep 'n Gebeurtenis op Bible.com

Updated by Geoff Hensley

Begin hier

Om 'n gebeurtenis te skep, gaan na die webwerf by https://events.bible.com. Jy sal nog inligting oor ons gebeurtenisse kry wat jou sal help om aan die gang te kom, kies hier

Kies die skakel hier om na 'n YouTube-videoseminaar vir gebeurtenisse te kyk

Plaas tye aanlyn

Aanlyn gebeurtenisse sal 1 tot 2 uur neem om van die bediener na die Bybeltoep geskuif te word. Ons moedig administrateurs aan om julle gebeurtenisse vroegtydig aanlyn te plaas. In noodgevalle, kan jy die direkte skakel na jou gebeurtenis deel, sodat dit steeds op die Bybeltoep/mobiele toestel as bygewerkte inligting gesien kan word.

Voordat jy begin, is dit baie belangrik dat kerke 'n aparte YouVersion-rekening vir die administrasie van gebeurtenisse opstel   
  • Die administrateur van 'n gebeurtenis is gekoppel aan 'n spesifieke YouVersion-gebruikersrekening
  • Die administrateur kan nie verander word nie
  • Daar kan slegs een YouVersion-rekening as administrateur van gebeurtenisse wees

Voorstelle vir die opstel van 'n YouVersion rekening om die administrateur van die Gebeurtenisbouer te wees  

  1. Moenie spesifieke persone of 'n leraar of personeel se private rekeninge gebruik nie
  •  Personeel kan weggaan en dan het jy geen toegang meer tot die rekening nie
  • Jy moet ook privaatheidskwessies respekteer, aangesien die persoon oor ander rekeningbesonderhede beskik, soos leesplanne en boekmerke
  1. Stel 'n generiese kerkverwante YouVersion-rekening op. 
  • Gebruik 'n ekstra e-pos rekening of kry 'n gratis aanlynrekening
  • Moet NIE hierdie e-pos vir enigiets anders gebruik as om die YouVersion-rekening op te stel nie
  • Teken in vir 'n nuwe rekening met hierdie e-pos
  • Kyk hoe om 'n rekening by bible.com te skep
  • Jy het nou 'n generiese rekening wat slegs vir gebeurtenisse gebruik kan word.
  1. Hoe om hierdie rekeninge te gebruik en te beskerm
  • Moenie hierdie YouVersion rekening vir enigiets anders as administrasie van gebeurtenisse gebruik nie
  • Jy moet die volgende inligting beskerm en beheer en dit deurgee aan mense wat verantwoordelik is om die rekening te administreer
    •  E-pos adres en wagwoord
    • YouVersion-gebruikersnaam en wagwoord
    • Jy kan meer as een persoon die YouVersion rekening laat gebruik om gebeurtenisinligting by te voeg, solank hulle nie terselfdertyd aanlyn is nie
  • As die persoon weggaan, moet die wagwoorde verander word om jul sekuriteit te beskerm


How did we do?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)

Powered by HelpDocs (opens in a new tab)