Gereelde Vrae

Updated by Geoff Hensley

Op hierdie stadium is Gebeurtenisse nie aan jou Kerkprofiel gekoppel nie.
Hoe om te begin?

Begin deur aan te sluit by events.bible.com met 'n gratis YouVersion-rekening om jou eie Gebeurtenisse te skep om in die Bybeltoep te verskyn.

Wat is Gebeurtenisse?

Gebeurtenisse is 'n gratis funksie binne die YouVersion Bybeltoep wat jou help om maklik te verbind met kerkgegebeurtenisse wat jy bywoon. Gebeurtenisse kan jou ook help om ander kerk- en spesiale-gebeurtenisse in die omgewing te ontdek. As jou kerk nog nie gebeurtenisse gebruik nie, kan jy jou kerkleierskap na bible.com/features/events verwys, waar hulle kan inteken op 'n gratis YouVersion-rekening om hul eie gebeurtenisse te begin skep. Ons gratis administratiewe hulpmiddels vir gebeurtenisse, maak dit maklik vir jou kerk om kernpunte van boodskappe, Bybelverwysings, kunswerke, eksterne skakels, belangrike kerknuus, en vele meer te deel.

Ek sien nie gebeurtenisse in my Bybeltoep nie. Waar is dit?

iOS: Gebeurtenisse is onder die Meer-opsie (…) op jou werkbalk, direk na video's.

Android: Druk die Meer-ikoon (drie opgestapelde strepies) regs onder op die tuisblad, dit verskyn dan onder Video's.

As jy nie gebeurtenisse so kry nie, dan gebruik jy 'n ouer weergawe van die Bybeltoep. Dateer asseblief jou Bybeltoep eers op na die nuutste weergawe deur http://bible.com/app te besoek.  

Het jy tans 'n YouVersion-rekening om van Gebeurtenisse gebruik te maak?

Jy kan sonder 'n YouVersion-rekening vir Gebeurtenisse soek om daarna te kyk. As jy egter daarvan hou om notas te maak of 'n gebeurtenis te stoor, moet jy 'n YouVersion-rekening hê. Om in te teken is eenvoudig, en YouVersion-rekeninge is heeltemal gratis. 'n YouVersion-rekening gee jou toegang tot al die kragtige funksies van die Bybeltoep — leesplanne, versbeelde, kleurmerke, notas, en meer — gesinkroniseer oor al jou toestelle. Besoek bible.com/sign-up om nou jou gratis rekening skep.

Kos dit enigiets om gebeurtenisse te gebruik?

Nee, dit is in die Bybeltoep en sal altyd gratis wees. Gebeurtenisse is 'n integrale deel van die Bybeltoep.

 Hoe kan ek 'n gebeurtenis opspoor?

Die Bybeltoep het toegang tot die liggingsdienste op jou toestel nodig om gebeurtenisse naby jou op te spoor. As jy opsoek is na 'n spesifieke gebeurtenis en weet wat dit genoem word, kan jy slegs op 'n deel van die titel soek.

Moet ek 'n gebeurtenis bywoon om dit in die toep te sien?

As jy weet wat 'n gebeurtenis se titel of die ligging is, kan jy so daarna soek. Die doel van ons gebeurtenis-funksie is egter om jou te help om meer betrokke te raak met gebeure wat jy bywoon.

Kan ek gebeurtenisse sien wat reeds verby is?

Ja, as jy die gebeurtenis gestoor het, of as jy 'n direkte skakel daarvoor het. Wanneer 'n gebeurtenis verby is, sal dit egter nie meer in 'n gebeurtenissoektog verskyn nie.

Kan die administrateur van 'n gebeurtenis opspoor wie of hoeveel mense 'n gebeurtenis gebruik?

Nee, tans is daar geen manier om óf gebruikers óf die aantal gebruikers op te spoor nie.


How did we do?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)

Powered by HelpDocs (opens in a new tab)